Ons Missie
Ons het ‘n vergesig vir Suid-Afrika en wyer – ‘n gemenebes van gelowige volke wat almal die heerskappy van Jesus Christus erken en saam besig is met die uitvoering van sy plan, mekaar kan help, kontak met mekaar kan maak, oor en weer ‘n roeping teenoor mekaar kan vervul. Op hierdie wyse wil ons alle volke oproep om hul hande te klap en tot eer van God te juig; om hul stem te verhef en sy Naam in elke stad op aarde te roem. Hy is immers ewig Koning in die hemel en op aarde!
Beroepenuus
Ds. Schalk Strauss gesels met proponent Emilé Trollip. Hy word 19 Desember 2021 gelegitimeer en is dan beroepbaar na gemeentes in die AP Kerk. Ons bid hom die seën van die Here toe vir sy bediening. Kyk gerus na die video:
Kampnuus

Eerstejaarskamp 7-11 Januarie 2022. Aangebied deur AP Kerk Pretoria-Oos.
Beroepenuus
Na goedkeuring deur die Kuratorium, is prop. Adriaan Bester gister in die AP Kerk Barkley-Oos gelegitimeer. Ons wil hom graag hartlik in ons geledere verwelkom. Hy is nou beroepbaar na gemeentes in die AP Kerk. Ons bid hom die seën van die Here toe vir sy bediening. Kyk gerus na die video:
Lief en leed
Ons innige meegevoel met ds. Gerrie en Corné Kruger, asook ds. Pieter en Elrika Steyn. Ds. Gerrie en Elrika se pa is vanoggend oorlede. Mag ons hemelse Vader hulle vertroos.
Baie geluk!

Baie geluk aan ds. André van den Berg en sy vrou Anso met die geboorte van hulle tweeling Anna-Marie en Anjeline. Hulle is op 21 Julie 2021 gebore. Hulle seuntjie, Albrecht, is ook in hierdie pragtige foto. Mag julle gesin altyd die besondere nabyheid van die Here geniet.
Vakature

Vakature beskikbaar by die Afrikaanse Protestantse Akademie vanaf 2 Januarie 2022: Assistent-programkoördineerder NGOS
Meer besonderhede hier:
Die Boodskapper
Moenie skiet nie. Lees en oordink. Ons het lieflike voetstappe. Die Boodskapper bedien jou met Woordbevryding en aanvalle van lewensvreugde.
Kommentaar
Ons lewer relevante getuienis. Joernaliste is volop, tog verneem mens te min van die grootste uitspraak van alle tye: “Jesus is die Here!”
Uit Die Skatkis
VRAAG EN ANTWOORD
Lees gerus meer oor ons Gereformeerde belydenisskrifte, aktuele geloofsvrae en wat die Afrikaanse Protestantse Kerk glo en bely.
VERKLARINGS
Amptelike verklarings soos uitereik en gepubliseer deur die Sentrale Kerkekomissie (SKK) van die Afrikaanse Protestantse Kerk
GRATIS HULPBRONNE
Leesstof en videos oor teologiese dae, simposiums, referate, teologiese vakgebiede, werksgemeenskappe en spesiale geleenthede.
Kommentaar
Waarom jou kinders dalk nooit gaan trou nie
Daar is ’n stilswyende krisis in Suid-Afrika waaroor byna niemand praat nie omdat dit ongemaklik is en omdat dit reguit na ’n oplossing wys wat ons samelewing lankal verwerp het. Al hoe minder Suid-Afrikaners trou. Familieregkenners bevestig dit al jare: Die...
7 voor 7
Administratief
Ons verkondig Christus wat gekruisig is … Christus die krag van God en die wysheid van God – 1 Kor. 1:23-24






