Waarom jou kinders dalk nooit gaan trou nie

Waarom jou kinders dalk nooit gaan trou nie

Daar is ’n stilswyende krisis in Suid-Afrika waaroor byna niemand praat nie omdat dit ongemaklik is en omdat dit reguit na ’n oplossing wys wat ons samelewing lankal verwerp het. Al hoe minder Suid-Afrikaners trou. Familieregkenners bevestig dit al jare: Die huweliksyfer daal stadig, in lyn met dieselfde afname wat ons in Amerika en Europa sien, waar die getal huwelike sedert die vroeë sewentigerjare byna gehalveer het. Ons volg getrou dieselfde pad as die Weste, net ’n paar dekades later.

Die gewone verduideliking is ekonomies. Mense trou later, sê die kenners, omdat behuising duur is, loopbane eers gevestig moet word en twee inkomstes broodnodig is voordat ’n huwelik selfs oorweeg kan word. Dit is nie heeltemal verkeerd nie. Maar dit is ook nie die hele waarheid nie en dit is presies waar ons vashaak. Ons praat oor geld en tydsberekening asof dit die kern van die saak is, terwyl die eintlike verskuiwing veel dieper lê: Ons het opgehou glo dat die huwelik iets is wat ons nodig het.

Van fondament na keuse

Vir die grootste deel van ons geskiedenis was die huwelik nie ’n lewenstylkeuse tussen ander lewenstylkeuses nie. Dit was die fondament waarop gesinne, gemeenskappe en uiteindelik hele nasies gebou is. Vandag word dit aangebied as een van vele opsies, gelykstaande aan saamwoon, aan permanente ongebondenheid, aan watter reëling twee mense ook al op ’n gegewe oomblik gerieflik vind. Ons kultuur het die huwelik afgeskaal tot ’n private ooreenkoms tussen twee individue wat toevallig van mekaar hou, eerder as ’n heilige verbond voor God deur twee mense wat erken dat Hy hulle saamgevoeg het – ’n verbond waarop ’n hele lewe, en die volgende geslag, gebou word.

Dit is geen toeval nie. Dit is die logiese uitkoms van vyftig jaar se boodskap dat selfverwesenliking bo verbintenis staan, dat ’n vrou (en toenemend ook ’n man) eers “haarself moet vind” voordat sy haarself aan enigiets of enigiemand kan verbind. Die probleem is dat ’n hele generasie intussen soekend gebly het, en die huwelike, die kinders, en die stabiliteit wat daarmee saamgaan, het net nie gekom nie.

Wat ons verloor as ons nie trou nie

Die gevolge gaan almal raak. Waar huwelike afneem, neem eensaamheid toe. Waar gesinne nie meer op ’n lewenslange verbintenis gebou word nie, raak kinders groot sonder die stabiliteit wat hulle nodig het om self weer gesonde verhoudings te vorm. Waar die huwelik as instelling verswak, verswak die hele sosiale weefsel wat daarop staatgemaak het – van kerke tot skole tot gemeenskappe wat mekaar ondersteun het.

Ons sien dit reeds in Suid-Afrika. Kinders wat sonder vaders grootword. Jong mans wat nie meer weet wat dit beteken om vir ’n gesin verantwoordelikheid te neem nie omdat niemand hulle dit meer leernie. Jong vroue wat tot in hul dertigerjare wag vir ’n huwelik wat nooit kom nie, nie omdat hulle voorgesê is dat ’n loopbaan eerste moet kom en ’n man en kinders later, indien dit regtig nodig is, wel sal volg.

Die oplossing wat niemand wil noem nie

Hier is die ongemaklike waarheid: Dit gaan nie opgelos word deur beter maatsoektoepassings of belastingaansporings vir jong paartjies nie. Dit gaan opgelos word wanneer ons weer begin glo, as gemeenskap en nie net as individue nie, dat die huwelik soos die Skrif dit leer: ’n Man en ’n vrou wat voor God ’n lewenslange verbond sluit, nie ’n verouderde instelling wat plek moet maak vir persoonlike outonomie nie, maar juis die raamwerk vorm waarbinne mans en vroue werklik floreer.

Dit beteken dat kerke en gesinne weer onbeskaamd oor die huwelik as roeping moet praat, nie as ’n verouderde patriargale oorblyfsel wat verskoning verg nie, maar as die goeie, Goddelike orde waarvoor mans en vroue geskep is. Dit beteken dat jong mans weer geleer moet word om leiers en broodwinners te wees voordat hulle ’n vrou se hand vra. En dat jong vroue weer herinner word dat dit ’n eer en voorreg is om ’n huis “te bou” en kinders groot te maak – eintlik een van die hoogste roepinge wat daar is!

Vir wie hierdie gesprek verder wil voer, veral oor hoe die afgelope halfeeu se ideologiese verskuiwings juis hierdie verandering in vroue se verwagtinge van huwelik en moederskap aangehelp het, bied Lig in Duisternis Uitgewers se nuwe Afrikaanse vertaling, Eva in Ballingskap: Die herstel van vroulikheid, deur Rebekah Merkle, ’n deeglike en broodnodige vertrekpunt.

Die postmoderne mens het nie nóg ‘n beleidsdokument of navorsingstuk oor gesinswaardes nodig nie. Ons moet weer glo dat die huwelik die moeite werd is om voor te leef, én voor te trou.

TLU SA aan die kerk: Neem hande met ons

TLU SA aan die kerk: Neem hande met ons

Deur Bennie van Zyl[1]

Die bestaansrede en begronding van TLU SA is duidelik vervat in sy grondwet, waarin hy sy geloof in God Drie-enig bely, soos geopenbaar in die Woord van God, die Bybel. Vanuit hierdie geloofsfondasie leef TLU SA sy roeping, in gehoorsaamheid aan die kultuuropdrag, uit – ook binne die landbougemeenskap.

As gevolg van hierdie fondasie beskou TLU SA die verhouding tussen die boer, sy geloof en die kerk waaraan hy behoort, as uiters belangrik. Hy koester en respekteer hierdie band en beskou dit as ’n kernaspek van die gemeenskappe wat hy verteenwoordig. 

In die Suid-Afrikaanse konteks word dit ’n al hoe groter uitdaging vir rolspelers om juis hierdie kultuuropdrag te kan beoefen en uit te leef soos wat dit vir ons as Bybelse opdrag, as ons hoogste roeping hier op aarde, deur God gegee is. 

Vir die afgelope meer as dertig jaar is Suid-Afrika gerig deur ’n ideologie van gesentraliseerde sosialisme en uiteindelik kommunisme. TLU SA spekuleer nie daaroor nie – in gesprekke met senior rolspelers wat daardie ideologie nastreef, word dit prontuit gesê. Onder die begrip “transformasie” word ’n verskeidenheid aspekte verpak soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB), kaderontplooiing en onteiening sonder vergoeding. Die gevolge van die beleidsomgewing veroorsaak reeds ’n kwynende ekonomie en grootskaalse werkloosheid. Daar is inderdaad ’n aanslag op die beginsel van eiendomsreg – nie net op die kwessie van titelaktes nie, maar ook op ons kulturele en geloofsbegronding waar daar selfs in skole ’n gelykmatigheid plaasvind ten opsigte van ons geloof wat aan heidense praktyke gelykgestel word. Wat hul begronding betref, word ons jeug inderdaad deur die staat met ’n kurrikulum waar die Christelike inspraak nie sterk genoeg figureer nie, verwar en geïndoktrineer. 

Christene vanuit die Reformatoriese oortuiging was vir te lank verdraagsaam teenoor verskeie aspekte wat in ons land beslag kry, en gewis nie op enige wyse aan bogenoemde begronding en Bybelse kompas gekoppel kan word nie. Dit het nou sover gegaan dat die staat homself aanmatig om die kerk in die breë te wil administreer en reguleer. Hierdie staatsinmenging wat tans ervaar word, laat die rooi ligte flikker vir die toekoms, rol en taak van die kerk. 

In die lig van die breër uitdagings en die druk wat tans ook op die kerk as instelling geplaas word, is dit vir ons as Christene van besondere belang om seker te maak dat ons vanuit ons gemeenskaplike geloofsgrondslag en waardes, mekaar bly ondersteun en versterk. Dit is dus belangrik dat daar ook op organisatoriese vlak goeie skakeling tussen TLU SA en die kerk bly bestaan. 

Landbou is nie tans op ’n goeie plek ten opsigte van sy strategiese belangrike taak van voedselvoorsiening nie. Verskeie sektore verkeer onder uiterste druk ten opsigte van hul winsgewendheid en volhoubaarheid. Buiten sekere klimatologiese rampe wat sekere streke intensief getref het, kan ook genoem word dat die suiker-, koring-, mielie-, vark- en veebedryf tans onder uiterste omstandighede gebuk gaan wat daardie boere se volhoubaarheid ernstig bedreig. Dit op sigself het geweldige emosionele druk tot gevolg en word daar juis so goed as moontlik deur middel van die gevestigde traumanetwerke na boere uitgereik. Die kerk kan in dié verband ’n baie belangrike rol speel. Die fondament waarop boere hierdie krisisse tegemoetgaan, het ’n groot invloed op hul hantering daarvan. 

Dit wat juis met die Kerkhervorming van die 16de eeu waar die Calvinisties-Protestantse (gereformeerde) grondslag gevestig is. Hiervolgens is die vyf solas as pilare van ons geloofsbeskouing gedefinieer om juis ons grondslag te versterk, naamlik: 

Sola Scriptura – die Skrif alleen

Sola Gratia – genade alleen

Sola Fide – geloof alleen

Solus Christus – Christus alleen

Soli Deo Gloria – aan God alleen die eer 

Dit is vir TLU SA dus van belang om die volgende aspekte met die kerk te deel: 

  1. Die aanslag op die kerk vanuit verskeie oorde neem in felheid toe. Dit wek juis uiterste kommer wanneer die staat homself aanmatig om die kerk, waarvan Jesus Christus die Hoof is, te wil reguleer en beheer. TLU SA versoek dat die kerk oor hierdie aspek haarself baie sterker moet uitspreek. Die kerk moet leiding neem om die Skriftuurlike taak en koers van die kerk teenoor die staat en openbare sektor, soos uiteengesit in die onderskeie belydenisskrifte, te definieer. God Drie-enig was, is en sal in beheer van die wêreld in sy volheid bly – dit sluit in die owerhede wat Hý daargestel het. Die kerk se profetiese stem behoort daarom baie sterker uit te kom. 
  1. Die krag van gebed bly steeds die belangrikste wapen en dank word uitgespreek teenoor die kerk wat hierin ’n groot rol speel. Die versoek bly steeds om in hierdie verband die krane in alle opregtheid en afhanklikheid maar goed oop te draai. TLU SA besef dat Christene elkeen as instrumente in God se hand wel ’n verskil kan maak, maar altyd met die wete dat dit God is wat uiteindelik oor alles beskik. Om hierdie rede moet ons in hierdie dae juis bid om wysheid sodat ons die regte besluite, om die regte redes, en vir die regte doel, sal neem. 
  1. Gemeenskappe in die platteland het inderdaad ’n behoefte om te “behoort” en die kerk is in hierdie verband ’n baie belangrike skakelpunt. Die uitreik na die onderskeie rolspelers is van groot belang en daarom versoek TLU SA die kerk om die gemeenskap van die heiliges te versamel. Die kerk se rol en taak moet gesien en gehoor word. 
  1. Die aanslag op die individu en sy identiteit neem in felheid toe. Die verankering van veral ons jeug word ernstig aangetas en daarom versoek TLU SA die kerk om juis hier ouers opnuut en deurlopend aan hul doopbelofte te herinner wat sekerlik die grootste taak op aarde kan wees wat ’n ouer moet verrig. 

TLU SA wil graag ’n woord van groot dank teenoor die kerk uitspreek vir die geleentheid wat hy het om met haar hierdie enkele gedagtes te kan deel. Van TLU SA se kant wil hy ook die kerk alle seën en sterkte toebid vir die uiters belangrike taak wat sy verrig. Weens die belangrikheid van hierdie aspekte wat bepaal wie ons is waarheen ons op pad is, het TLU SA besluit om weer die Onderwys en Kultuurkomitee wat vir ’n paar jaar dormant was, te aktiveer. Indien daar enige behoefte vir skakeling na vore kom, is kerke welkom om met TLU SA te skakel.

____________

[1] Hoofbestuurder, TLU SA.

Christen-Afrikaner of Afrikaner-Christen?

Christen-Afrikaner of Afrikaner-Christen?

Suid-Afrika se twaalf amptelike tale beklemtoon en erken die diversiteit van ons samelewing. Daar word groot gewag gemaak van die feit dat ons in ’n “multikulturele” land woon, maar in praktyk funksioneer hierdie taalgebruik dikwels as ’n rookskerm. Die liberale orde vier verskeidenheid solank dit oppervlakkig, esteties en polities onskadelik bly, maar dring terselfdertyd aan op ’n homokulturele samelewing waarin unieke identiteitsmerkers (bv. taal, kultuur, geskiedenis) prysgegee moet word ter wille van ’n gemeenskaplike identiteit.

Die probleem is nie ’n gemeenskaplike burgerlike identiteit nie, maar dat hierdie identiteit toenemend as norm gebruik word om geskape en historiese verskeidenheid te relativeer, te privatiseer of verdag te maak. Groepe soos die Afrikaner, wat hul taal, geskiedenis, kultuur en gemeenskapslewe doelbewus wil handhaaf, word gevolglik maklik as uitsluitend of onpatrioties verteken. Vandaar ook die herhalende druk om Afrikanergeskiedenis, Afrikaanse instellings en kultuurgoedere uit die openbare sfeer te verskuif of as verdag te herinterpreteer. Selfs in kerklike kringe word die handhawing van ’n Afrikaneridentiteit binne die plaaslike kerk dikwels sterk veroordeel en selfs as “onchristelik” beskou.

Daarom is die vraag na identiteit een van die belangrikste vrae van ons tyd. Mense is verward. Die vraag is nie meer net “wie is ek?” nie, maar ook “wie mag ek wees?”. Selfs gelowiges is soms verward, want hoe behoort ons oor onsself te dink? Is ek ’n Christen-Afrikaner of ’n Afrikaner-Christen? Watter identiteit behoort voorrang te geniet? Party eis egter ’n meer ingrypende keuse: óf Christen, óf Afrikaner.

Laasgenoemde keuse word egter nie in die Skrif van gelowiges vereis nie. Genade vernietig nie geskape werklikhede soos taal, volk, geskiedenis en kultuur nie, maar bring dit onder Christus se heerskappy. Die Skrif bevestig dat die Christen nie sy sekondêre identiteite hoef prys te gee nie, maar waarsku ook teen die verabsolutering daarvan. Christus vernietig nie identiteit nie, maar herskik dit: Hy word die middelpunt waaruit alle ander identiteite verstaan en beoefen word.

Identiteit is veelvlakkig

Is identiteit enkelvlakkig of veelvlakkig? Flip Buys van die Solidariteit Beweging help ons hiermee wanneer hy skryf dat Afrikaners nie nodig het om tussen identiteite te kies nie, maar tegelyk deur verskillende identiteite gedefinieer kan word.[1] Jy kan dus gelyktydig man, huweliksmaat, vader, onderwyser, Afrikaner, Suid-Afrikaner en Christen wees sonder dat die een die ander noodwendig uitsluit.

In sy bekende werk Stryd om die ordes, sit prof. HG Stoker die onderbou hiervan uiteen wanneer hy ons herinner dat Calvinisme handhaaf dat “die mens tegelyk individuele en sosiale wese is, tegelyk individu en bv. volksgenoot, kerklidmaat, staatsburger, gesinslid, ens.; dat die mens, bloot as enkeling of as individu gesien, ’n abstraksie is; dat die mens bloot as sosiale wese (volk, staat, ens.) gesien, ’n abstraksie is; dat die volle, konkrete, werklike mens tegelyk individueel en sosiaal (groeps- of verbandswese) is …”[2]

As identiteit veelvlakkig is, wat behoort prioriteit te geniet?

Christus is ons primêre identiteit

Gelowiges se verbondenheid aan Christus dien as primêre identiteitsmerker. Ons ou mens is immers saam met Christus gekruisig sodat Christus nou in ons leef (vgl. Gal. 2:20). Ons burgerskap is in die hemele … (Filip. 3:20). Die antwoord op vraag 32 van die Heidelbergse Kategismus, “Waarom word jy Christen genoem?” bevestig dat gelowiges se primêre identiteit in Christus is: “Omdat ons deur die geloof ’n lid van Christus is …”

Met “primêr” bedoel ons meer as net “die belangrikste”. Dit verwys na wat grondliggend is. Ons identiteit in Christus is dus die basis waarop alle ander identeiteitsmerkers rus en betekenis kry. Stoker help ons om identiteit nie plat of enkelvoudig te verstaan nie. Die mens staan in verskillende verbande wat help om sy identiteit te vorm, maar al hierdie verbande staan uiteindelik onder God se soewereiniteit en Christus se koningskap.[3]

In die lig hiervan is ons sekondêre identiteitsmerkers nie onbelangrik nie, maar word deur ons primêre identiteitsmerker geheilig.

Sekondêre identiteite word geheilig, nie uitgewis nie

’n Sentrale tema in Herman Bavinck se vierdelige reeks, Gereformeerde Dogmatiek, word soos volg verwoord: “De genade herstelt de natuur en voert ze op tot haar hoogste hoogte, maar zij voegt er geen nieuw, heterogeen bestanddeel aan toe.”[4] Hy is van mening dat Christenskap nie teenoor die menslike natuur staan nie, maar wel teenoor die sonde. Daarom hoef ons nie ons Godgegewe identiteitsmerkers te verag nie (tensy dit sondig is), maar juis te koester as geestesgoedere wat aan ons toevertrou is.

In die lig van ons verlos­sing word ons sekondêre identiteite (bv. taal) geheilig (vgl. Hand. 2:1‑13). Dit staan in diens van God en behoort tot sy eer en die uitbreiding van sy koninkryk aangewend te word. Paulus bevestig dieselfde gedagte in Handelinge 17:26-27 wanneer hy sê dat God uit een mens al die nasies gemaak en hulle tye en woonplekke bepaal het. Volk, plek en geskiedenis is dus nie toevallige of neutrale werklikhede nie, maar staan onder God se voorsienige regering. Psalm 96:3 moedig gelowiges aan om hierdie verskeidenheid te erken: Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders. Openbaring 7:9 bevestig hierdie identiteitsverskeidenheid as ewige beginsel wanneer die uitverkorenes “uit alle nasies en stamme en volke en tale” voor die troon van die Lam verskyn. Daarom word Afrikanerskap nie deur Christenskap vernietig nie, maar wel daardeur begrens, gereinig en gerig.

Wanneer primêre en sekondêre identiteite egter met mekaar verwar word, hurk afgodery dreigend by die deur.

Die gevaar van afgodery

Wanneer Afrikanerskap (of enige sekondêre identiteitsmerker) die lens word waardeur ek Christus beoordeel, het die orde omgekeer. Dan word geloof diensbaar aan kultuur, eerder as kultuur diensbaar aan Christus. CVO-skole is ’n mooi voorbeeld van hoe die orde behoort te wees. Hul naam tref ’n duidelike onderskeid tussen primêre en sekondêre identiteit: Christelik-Volkseie Onderwys. Die “volkseie” aspek vloei voort uit hul Christelike karakter.

Sou etnisiteit egter die belangrikste kriterium in sulke skole se toelatingsbeleid raak, terwyl geloofsverskille gerieflikheidshalwe opsy geskuif word, word die orde omgekeer en word sekondêre identiteitsmerkers verafgod. Dan staan daardie merkers nie meer in diens van Christus en sy koninkryk nie, maar in diens van ’n mensgemaakte agenda. Hier moet Christus se waarskuwing in Matthéüs 10:37 ter harte geneem word: Wie vader of moeder [of volk, of taal, of etnisiteit, ens.] bo My liefhet, is My nie waardig nie …

Die regte orde is dus belangrik, want dit bevry ons om ons identiteit onbevange uit te leef.

Die regte orde bring vryheid

As my identiteit in Christus vas is, hoef ek nie angstig, skaam of verdedigend oor my kultuur te wees nie. Ek kan dankbaar wees vir my erfenis, maar ook eerlik oor die gebrokenheid daarvan. Dit bied my die vryheid om my Godgegewe identiteit te omhels, te koester en te bewaar met die doel om dit in diens van die koninkryk van God in te span. Afrikanerskap moet nie bloot emosioneel of histories gedefinieer word nie, maar in woord en daad onder die heerskappy van Christus gebring word.

Hierdie vryheid bring gemoedskalmte wanneer ek met die vraag na identiteit worstel. Ek is nie ’n Afrikaner wat toevallig ook Christen is nie. Ek is ’n Christen wat deur God in ’n bepaalde taal, geskiedenis en kultuur geplaas is. Wie van my eis om tussen Christenskap en Afrikanerskap te kies of my in die gietstuk van ’n homogene identiteit wil dwing, gaan oneerlik met die Skrif om. Ek hoef nie my Afrikanerskap te ontken nie, maar ek moet dit elke dag onder die koningskap van Christus bring. Ek is dus nie ’n Afrikaner-Christen nie, maar ’n Christen-Afrikaner.

 

[1] https://bit.ly/4nrBcQW

[2] HG Stoker, Stryd om die ordes (Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds, Administratiewe Buro van die Gereformeerde Kerk, 1941), 9.

[3] Stoker, Stryd om die ordes, 9.

[4] Herman Bavinck, Gereformeerde dogmatiek, Deel 3, 2de druk (Kampen: J. H. Kok, 1910), 477.

Óf sekerheid, óf Christus – ’n valse keuse (VIDA-debat)

Óf sekerheid, óf Christus – ’n valse keuse (VIDA-debat)

Na aanleiding van die GKSA se opspraakwekkende besluit om nie vroue tot die amp van ouderling toe te laat nie, plaas die Kerkbode op 9 Februarie 2026 ’n lesersbrief van André Mouton waarop ek graag kortliks reageer.

Mouton is van mening dat die debat oor die vrou in die amp wat deur die GKSA se onlangse sinodebesluit opnuut prominensie verkry het, nie bloot daaroor handel of die GKSA reg is en of die hof dalk by die aangeleentheid moet ingryp, of oor wie nou eintlik teen wie diskrimineer nie. Hy meen dat ons in hierdie debat met ’n dieper vraagstuk te doen het: Wat gebeur met ’n kerk wanneer sekerheid belangriker raak as teenwoordigheid, en orde belangriker as onderskeiding?

In antwoord hierop stel Mouton in sy brief ’n interessante, maar uiteindelik misleidende keuse voor: Óf die kerk kies vir sekerheid, óf sy kies Christus; óf sy kies orde, óf sy kies onderskeiding. Dit klink modern, vroom en vry, maar dit is die soort denkfout wat net moontlik is wanneer ’n mens lank genoeg filosofeer om die eenvoudige te vergeet.

Die kerk van Christus glo nie in sekerheid ten spyte van Christus nie, maar sekerheid vanweë Christus. Hy is die Hoof van die kerk en dáárom leen ons nie ons ore aan die wind uit nie, maar luister ons na die Woord. Om te beweer dat standvastigheid ’n vorm van magsbeheptheid is, is soos om ’n kompas daarvan te beskuldig dat hy noord wys – dit is immers waarvoor hy gemaak is.

Net so is ‘n kerkorde (waarin die kerk se ampsbegrip Skriftuurlik begrond en uiteengesit word) nie ’n “grenspaal” om mense (in hierdie geval vroue) uit te hou nie, maar ’n raamwerk om geloof en gemeenskap ooreenkomstig Christus se heerskappy te bewaar. Sonder orde word die kerk nie meer warmhartig nie, net “warm-lugtig”. Die apostels het kerke nie los in die wind gelaat nie. Hulle het ouderlinge aangestel, die leer bewaak en tug beoefen. Die vroeë kerk het nie gedink dat onderskeiding ten koste van vaste waarheid gebeur nie, maar juis op grond daarvan.

Mouton pleit daarvoor dat die kerk eerder “teenwoordig” as “seker” moet wees. Maar teenwoordigheid sonder waarheid is net sentimentaliteit met ’n liturgiese lagie. Die kerk leef nie van haar eie openheid nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom (vgl. Deut. 8:3), met ander woorde, van God se openbaring. En Christus se teenwoordigheid beteken tog nie ’n lewe van onsekerheid nie. Hy dra sy volk juis deur die sekerheid van sy Woord. Hy is immers die hoeksteen (vgl. Efés. 2:20) wat aan sy kerk sekerheid gee sodat sy nie soos ’n golf deur elke wind van lering heen en weer gedryf word nie (vgl. Efés. 4:14).

Die ironie is dat die voorstel dat die kerk haar sekerheid moet prysgee, self ’n uiters seker stelling is. Die enigste verskil is dat gereformeerdes hul sekerheid in die Skrif grond, terwyl Mouton syne in ’n gevoel van geestelike soepelheid grond. Die een anker is objektief; die ander is subjektief en elasties.

Natuurlik kan die hof nie vir die kerk leer hoe om te luister nie. Om egter te kan luister, moet ’n mens iets hê om na te luister. Daarom kies gereformeerdes nie tussen Christus en die Skrif nie. Ons ontvang Christus juis deur die Skrif – dit is die stem van die goeie Herder.

Hierdie brief is nou ’n mooi voorbeeld van ’n subjektiewe hermeneutiek waarin Christus van die objektiewe Woord losgemaak word.[1] Die hele gedagtegang bewys dat die eintlike probleem in hierdie gesprek te doen het met Christusbeskouing, Skrifbeskouing en Skrifgesag.

______

[1] Lees gerus prof. Johan Janse van Rensburg se publikasie Kla jou moeder aan waarin hy die konsekwensies van hierdie hermeneutiese benadering in die NG Kerk uiteensit.

ʼn Koeël teen die evangelie

ʼn Koeël teen die evangelie

Die afgelope naweek hoor ek by ʼn vorige geslag van die verslaentheid wat geheers het met die sluipmoord op dr. Hendrik Verwoerd in 1966. Vandag gesels ek met ʼn nuwe geslag jongmense en hul verslaentheid oor die sluipmoord op Charlie Kirk in die VSA. Party vra: “Hoekom huil ek so oor iemand wat ek nie eers geken het nie?”

Hy was ʼn jongman, vol lewe, vol vrae, vol ywer. Hy was ’n patriot wat baie goed gedoen het vir baie mense. Sy vermoë om sy gedagtes te orden en sy talent om fundamentele kwessies op kampusse berekend te debatteer, was besonders. Ek was telkens verbaas oor die manier waarop hy kalm gebly het te midde van afstootlike teenstand. Kirk het opgestaan vir redelike, gesonde rasionele standpunte wat die meeste mense tot onlangs as vanselfsprekend aanvaar het. Maar bo alles was hy ’n passievolle Christen.

As leraar aanskou ‘n mens baie afgryslike dinge wat jy nie uit jou geheue kan wis nie. Die video van Kirk se sluipmoord sal vir baie mense dieselfde wees. Ek kan nie op die oomblik aan ʼn ander woord as “afgryslik” dink nie. Daar sal sekerlik nog baie dinge gesê word in die dae wat kom. My eerste gedagte toe ek die video gisteraand skuins voor 22:00 sien, was om te vra vir gebede vir sy vrou Erika en hul twee kinders. Hulle kan opgroei met die sekere wete dat hul pa gesterf het in die stryd om hulle te verdedig teen die aanslae van die Bose.

‘n Mens is geskok oor die tragiese dood van Kirk, maar ook bemoedig dat hy by God is. Die seer en die verslaentheid wat ons ervaar, is omdat die dood ʼn aaklige herinnering is aan die boosheid van hierdie in-sonde-gevalle-wêreld. Maar dit is juis hierdie wêreld wat die behoefte aan die evangelieboodskap het. Daar is ʼn aantal teksgedeeltes wat in my kop bly draai.

Ek dink aan die woorde van 1 Korinthiërs 15:55-58 wat ook in ons kerke se begrafnisformulier gebruik word: Dood, waar is jou angel? Doderyk waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, my geliefde broers, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Ook die woorde van Psalm 11:2-5: Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart. As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders. Die HERE toets die regverdige, maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.

So kom troos die Here ons uit sy Woord. Die poorte van die doderyk sal nie die kerk van Christus oorweldig nie (vgl. Mt. 16:18). Christus het alle mag in hemel en op aarde en Hy heers vanaf sy troon (vgl. Mt. 28:18). Ons roeping is om steeds sout en lig vir die wêreld te wees (vgl. Mt. 5:13-16). Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk (vgl. 1 Kor. 16:13).

ʼn Koeël teen die evangelie

Bloodseed

Rev. Schalk Strauss | 11 Sep 2025

A bullet flies with speed, with speed;
dampened by American blood it speeds,
bearing its message, sharp with pain;
it springs from American hand and vein,
it pierces through an American heart.
And yet with grief, with sorrow’s part,
it still conveys the heart’s own might.
Sleep gently, loyal heart struck tight,
For year on year, through time untold,
the bullet spreads its message bold;
and where it strikes, the wound won’t mend;
and what it strikes, it sanctifies in the end.

(Translated from the original Afrikaans poem)

With this small adaptation of the Afrikaans poet Jan F. E. Cilliers’s poem on the death of the Afrikaner rebel, Jopie Fourie, the emotions that now surge through the hearts of conservatives across the world find a voice. The assassination of conservative activist Charlie Kirk has sent shockwaves through America, and the tremors are felt to the ends of the earth. Though separated by worlds and more than a century, the parallels between Jopie Fourie and Charlie Kirk are striking. Both were branded as rebels because they refused to stay silent while injustice devoured the world. Their lives were marked by an unstoppable, unquenchable drive for truth. In both, the flame of freedom’s ideal burned high and bright. They were unyielding in character, unapologetically Christian, and (literally) “dead-sure” of their salvation in Jesus Christ.

Although many dismissed Kirk’s activism as politically motivated, a closer look reveals a deeper foundation. He did not shy away from the hot-button issues of our day. Freedom was, of course, at the top of his list, but it was never his only concern. Whether speaking about freedom of speech, abortion, same-sex relationships, fatherhood, discrimination, or cultural and social matters, his persuasiveness did not rest merely on logical skill or rhetorical flair – it rises from his foundation. Whenever he reasoned about these things, the echoes of Scripture and the gospel were present – often explicit. He measured his positions by an objective standard that lifted them above the staleness of secular discourse and gave them a heavenly fragrance. The Christian worldview was the lens through which he saw everything.

In 2012 he founded Turning Point USA to spread and advance conservative values. Yet “conservative values” to him were never merely a political category – they were synonymous with biblical values. The organisation’s name itself reflects his conviction that a course correction was urgently needed to avoid the catastrophic end of a woke, liberal-secular trajectory. His fight was never against flesh and blood, but against the rulers, the powers, the world forces of this darkness, the spiritual forces of evil in the heavenly places (Eph. 6:12). He was always aware that he himself was not the captain in charge of navigating such a turning point. He was only an instrument in the hand of the Spirit – the Spirit who alone can change hearts and bring life out of death. This was the turning point he most deeply longed for, when, only minutes before his death, he fearlessly declared: “Christ is Lord, death is defeated.”

In the second century after Christ, the church father Tertullian made this profound observation: “The blood of the martyrs is the seed of the church.” Darkness will not extinguish the light of the gospel; the gates of hell will not prevail against it. May his fearless spirit live on in thousands of God’s children. May his seed also be blood-seed that sends the conservative tradition – rooted in the gospel, built on Christ the Cornerstone and the foundation of the apostles – like a flood across the world. May his message of freedom, grounded most deeply in Christ, bring the walls of Jericho crashing down. May it awaken in us the courage to rise and continue the fight for the kingdom. For this is a message that no cross and no bullet can ever silence!