1. Beperkte aanspreeklikheid en Vrywaring

1.1 Jou toegang tot en gebruik van die webblad is op jou eie risiko.

1.2 Dit is jou eie plig om die hardeware, sagteware, en telekommunikasielyne wat jy mag gebruik om toegang tot die webblad te verkry, in stand te hou.

1.3 Die Gemeenskaplike Kerkkantoor maak geen waarborge, voorstellings (uitdruklik of geïmpliseerd) met betrekking tot die webblad of die inhoud daarvan nie. Sonder om afbreuk te doen aan die algemene aard van voorgenoemde, waarborg Die Gemeenskaplike Kerkkantoor nie die waarheid of korrektheid van enige inligting wat op die webblad verskyn nie en dit is jou eie verantwoordelikheid om die waarheid of korrektheid daarvan na te gaan.

1.4 Die Gemeenskaplike Kerkkantoor is nie aanspreeklik vir enige verlies, uitgawe of skade van welke aard ookal wat jy mag ly of aangaan as gevolg van jou toegang tot of gebruik van enige inligting vervat op hierdie webblad nie, insluitend, sonder beperking, enige verlies, uitgawe of skade wat tot stand gekom het as gevolg van een van die volgende:

1.4.1. foutiewe inligting vervat op die webblad;
1.4.2. ongemagtigde toegang of wysiging van die webblad deur ‘n derde party;
1.4.3. die onbeskikbaarheid van die webblad;
1.4.4. die vernietiging van jou data of rekenaartoerusting, of die data of rekenaar toerusting van ‘n derde party wat jy gebruik het om toegang tot die webblad te verkry.

1.5 Jy vrywaar Die Gemeenskaplike Kerkkantoor teen enige aanmaning, eis of regsaksie wat teen Die Gemeenskaplike Kerkkantoor ingestel word wat direk of indirek voortvloei as gevolg van jou gebruik van, of toegang tot, hierdie webblad.

1.6 Die Gemeenskaplike Kerkkantoor behou die reg voor om hierdie webblad op sy eie diskresie en te enige tyd te verander, op te gradeer of op te skort.

1.7 Jy is self verantwoordelik vir enige inhoud wat jy aan Die Gemeenskaplike Kerkkantoor stuur, op die webblad laai of deur middel van Die Gemeenskaplike Kerkkantoor aan derdes verstuur. Die Gemeenskaplike Kerkkantoor is nie verantwoordelik vir die verlies van enige inhoud wat jy op die webblad laai of deur die webblad verstuur nie en dit is jou eie verantwoordelikheid om self ‘n reserwekopie te maak.

1.8 Die opinies op die Die Gemeenskaplike Kerkkantoor-blogs is dié van die blogger self. Die Gemeenskaplike Kerkkantoor is slegs ‘n passiewe kanaal vir die verspreiding van materiaal wat deur gebruikers op die webblad geplaas is. Die Gemeenskaplike Kerkkantoor onderskryf nie enige inhoud op Die Gemeenskaplike Kerkkantoor-blogs nie. Die inligting op Die Gemeenskaplike Kerkkantoor-blogs word verskaf sonder enige waarborg.

1.9 Sonder om afbreuk te doen aan die algemene strekking van die voorafgaande, stem jy toe, wanneer jy enige publikasie of ander bydrae op die webblad of die Die Gemeenskaplike Kerkkantoor-blogs plaas, tot moontlike benadeling as gevolg van laster deur ander gebruikers van Die Gemeenskaplike Kerkkantoor wat op die webblad gepubliseer word. Sonder om afbreuk te doen aan die voorafgaande, vrywaar jy Die Gemeenskaplike Kerkkantoor voorts teen enige lastereis wat jy teen ‘n ander Die Gemeenskaplike Kerkkantoor- gebruiker mag instel of wat deur sulke ander gebruikers teen jou ingestel word.

 86 Besoeke vanaf 30 Maart 2022,  2 Besoeke vandag

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial