SKK verklaring COVID-19 regulasies vlak 3
SKK verklaring COVID-19 regulasies vlak 3
SKK verklaring COVID-19 regulasies vlak 3
… Hy (het) naderhand honger geword (Mt. 4:2); [HK So. 5 V/A 16].
Wanneer ’n mens oor die verlossingsplan van God nadink, is daar natuurlik ’n hele paar “waaroms” wat die gedagtes te binne skiet. Daarom wil Vraag en Antwoord 16 dan ook weet waarom dit nodig is dat die middelaar ’n waaragtige en regverdige mens moet wees? Die vraagsteller se bedoeling is nie om beter as God te weet nie, maar eerder om meer van Hom te weet. God se geregtigheid eis dit, lui die antwoord, aangesien een sondaar nie vir ’n ander sondaar se sondes kan betaal nie. Wat nodig is, is ’n waaragtige en regverdige mens.
Waar Johannes moeite gedoen het om die Here Jesus se Goddelike en menslike natuur te beklemtoon, slaag Matthéüs daarin om in sy weergawe van Christus se versoeking in die woestyn, juis sy vlekkelose menslike natuur te beklemtoon. In vers 2 lees ons dat die Here Jesus honger geword het. Dit is nie ’n terloopse opmerking nie. Hierdeur maak Matthéüs dit duidelik dat die Here Jesus waarlik mens was, een soos ons.
Satan stel sy visier in op die menslike karakter van die Here Jesus net soos hy destyds in die tuin van Eden gedoen het. Waar die eerste Adam toegegee het aan sy menslike begeertes en behoeftes en slagoffer van die dood geword het, sondig die tweede Adam nie. Inteendeel, Hy wys Satan daarop dat die mens van brood alleen nie sal leef nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan (v. 4). Hy is dus nie net mens met tipies menslike begeertes en behoeftes nie. Nee, Hy is die Christus; die Plaasvervanger; die Een wat volledig in ons plek kom staan. Waar die eerste Adam ongehoorsaam was, is Hy getrou en toon Hy Homself as die Sondelose wat in staat is om ons plek in te neem.
Bykomende Skrifgedeelte: Filip. 2:1-18
Gebed: Here, ek bely dat u sondeloosheid ook my sondeloosheid is! Amen.
Mt. 4:1-11
Ges. 192:1, 2
Waaragtige God Want die Here jou God is ’n verterende vuur … (Deut. 4:24); [HK So. 5 V/A 17].
Toe ons kinders was, het ons veel eerder ’n pak slae gekies as enige ander vorm van straf. Al was dit seer, was dit gewoonlik vinnig verby. Ons leef dikwels onder die illusie dat God se oordeel ook so vlugtig soos ’n pak slae is. Moses skets egter vir ons ’n ander prentjie. Hy roep die volk op tot gehoorsaamheid aan God se verbondseise, maar hy spel ook die konsekwensies van ongehoorsaamheid uit. Wie hierdie verbond nie nakom nie, sal deur God se toorn wat soos ’n verterende vuur is, vernietig word.
Vreeslik is dit om te val in die hand van die lewende God (Hebr. 10:31). Die rede hiervoor het nie net te doen met die intensiteit van sy toorn nie, maar ook met die duur daarvan. Dit is nie ’n kortstondige straf nie. Aangesien God ewig is, is sy straf op die verbreking van sy verbond ook ewig en kan dit nie deur ’n sterflike mens gedra word nie. Wie dus ongehoorsaam is, sal vir ewig onder sy oordeel en straf staan.
Watter mens is in staat om hierdie straf te dra sonder om te vergaan? Slegs een wat ewige, Goddelike krag besit. Daarom beklemtoon die Kategismus die feit dat die middelaar nie net volkome en regverdige mens moet wees nie, maar terselfdertyd ook waaragtig God sodat hy in staat is om uit die krag van sy Godheid, God se straf aan sy mensheid te verduur. Die straf vir ons verbondsverbreking het Christus as ons Middelaar kom dra. In die duisternis van Gólgota het Hy die straf van die ewige dood net op Homself geneem, sodat Hy geregtigheid en die ewige lewe aan almal kon skenk.
Bykomende Skrifgedeelte: Jes. 52:13-53:12
Gebed: Vader, ek sal U ewig dankbaar wees vir ewige verlossing van u ewige toorn. Amen.
Deut. 4:1-40
Ges. 183
APA Teologiese dag – 27 Januarie 2020
Adv. Nadine Badenhorst: “Die kerklike bediening en die regstelsel”