… en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun … vervul word (Lk. 18:31); [HK So. 12 V/A 32].
Goeie Vrydag herinner ons aan:
• Die goeie van die Christus-vergifnis op Gólgota, maar die slegte dat die Israelitiese godsdiensleiers dit teenstaan.
• Die goeie dat die genadige Verbondsgod in Christus kruis-verlossing kom bewerk, maar die slegte dat die Israeliete o.l.v. die owerpriesters en skrifgeleerdes die verlossing verwerp.
Vir die derde keer vertel die Here Jesus sy dissipels dat Hy op die lydensweg is, op pad is na sy dood. Die profete het egter voorspel: … op die derde dag sal Hy opstaan (uit die dood).
Daarom: Christus se lydenspad na Gólgota is ’n profeties-bestemde, kerklik-veroordeelde en dood-oorwinnende weg.
Profeties-bestem: Profete in die Ou Testament maak dit bekend (bv. Jer. 1:1-5). So is Jesus Christus se dood deel van God se heilsplan (Jes. 53).
Kerklik-veroordeel: Die Ou Testamentiese kerk (het Christus as Messias verwerp en sy dood geëis.
Dood-oorwinnende weg: Lukas skryf drie maal dat die twaalf … niks hiervan begryp … nie (v. 34). Dat die Here Jesus moes sterf, verwerp word en opstaan uit die dood, is verbysterende nuus, maar deur niks en niemand gekeer nie!
Vraag 31 van die Kategismus vra: “Waarom word Hy Christus, dit is Gesalfde, genoem?” en antwoord: “Omdat Hy deur God die Vader verordineer is … en ons … met die … offerande van sy liggaam verlos”.
Bykomende Skrifgedeelte: Jes. 5:1-11
Gebed: Here Jesus, ek aanbid U as die beloofde Verlosser.
Amen.
Lk. 18:31-34
Ges. 194:1