Amptelike webwerf van die Afrikaanse Protestantse Kerk

Skakerings van die wellus-kategismus

Ons verwys Christene graag na Christian Action se bespreking van die erotiese film, 50 Shades of Grey, wat nogal vir die sogenaamde Valentynsdag in Suid-Afrika en wêreldwyd uitgereik word. Verdere insiggewende besprekings, een deur Douglas Wilson en twee deur Tim Challies, en een deur John Piper, kan ook bydra om insig in die groter prentjie te ontwikkel.

 

Kortom, hou die oog op Christus en nie op 50 skakeringe van verleiding, misleiding, en verwoesting nie. Laat ons ware liefde najaag, en laat ons die wonder en passie van egte erotiese liefde binne die band van die huwelik bewaar.

 

TOP