Amptelike webwerf van die Afrikaanse Protestantse Kerk

Reuse skilderye van die Anglo-Boereoorlog

  

Daar is tans ’n uitstalling van die werk van die kunstenaar, John Meyer, in die Circa-gallery in Rosebank, Johannesburg te sien. Die uitstalling bestaan uit verskeie reuse skilderye waarin temas uit die Anglo-Boereoorlog op ‘n werklik diep aangrypende wyse uitgebeeld word. Volgens prof. Danie Goosen is die werke realisties en word sonder ideologiese vooroordele teen die Afrikaners aangebied. Hy stel selfs dat die Afrikaners sonder twyfel as die helde in hierdie uitstalling van Meyer se kunswerke voorgehou word. Met erkenning aan die webblad, van die Circa-galery , plaas ons een van die skilderye wat daar ten toon gestel word. Resensente voorspel dat hierdie uitstalling die bes besoekte uitstalling van die jaar gaan wees. John Meyer, ‘n Engelssprekende, is in baie kringe bekend as Suid-Afrika se beste realistiese kunstenaar.

 

TOP