Amptelike webwerf van die Afrikaanse Protestantse Kerk

WIE EN WAT IS SAT –7?

SAT -7 is ‘n uitsaaikorporasie wat Christelike programme na lande in die Midde-Ooste uitsaai deur satelliet TV! Huidige Raadslede bestaan uit Christene van Egipte, Libanon, Palestina en Sirië. Ds Johan Trollip van die APK Lichtenburg is ‘n verteenwoordiger van SAT -7 in Suid-Afrika.

 

Hoedanig is terugvoer tot op datum op uitsendings?

  • Erkende kykerstal tans 15milj plus 9.2 milj kinderkykers (4.1 milj in Irak)
  • Kykerstal in Iran meer as 2 milj (wat ons van weet, kykers weens vrees vir vervolging bang openlik te erken dat hul SAT-7 kyk)
  • SAT-7 PARS (saai uit in Iran en Afghanistan) ontvang tussen 2000-3000 boodskappe per maand per e-pos, sms, oproepe, internet, ens.
  • Meer as 500 oproepe van kinders oor 2 maande uit Iran
  • 60-70 oproepe per maand uit Afghanistan
  • 600,000 YouTube videos per maand vir Arabiese kanaal alleen word afgelaai.

 

Watter maniere kan Christene in SA betrokke raak by uitsendings van SAT-7?

  • GEBED – gebedsnuus word maandeliks uitgegee
  • Deelname aan DAG van GEBED 3 Nov 2013
  • NUUSBRIEF ontvang – op hoogte wees. Maandeliks beskikbaar
  • BYDRAES – verskillende kanale/programme/projekte kan ondersteun word (R20 p/m borg 1 kyker vir een jaar)
  • Deeltydse/voltydse vrywillige verteenwoordigers

 

Waar is meer inligting oor SAT-7?

  • Webblad: www.sat7.org
  • SA kantoor: tel 012 807 2763 / 084 506 3399
  • Posbus 72646, Lynnwoodrif , 0040

 

Gebedsversoeke

  • DANK God Hy SAT-7 reeds 17 jaar in stand hou
  • DANK die Here vir SAT-7 juis in ‘n tyd soos hierdie in MENA streek.
  • BID dat die Here SAT-7 sal bemagtig en in staat sal stel om voort te gaan met hierdie werk.
  • BID dat die Here SAT-7 kragtig sal gebruik in MENA in ‘n tyd soos hierdie,om die boodskap van HOOP wat daar in Christus is, uit te dra.
  • BID vir voldoende fondse vir SAT-7 om te kan aangaan.
TOP