Verklaring oor Geloftevolkbeweging
- Deur: marius.gouws@apk.co.za
*Rig alle korrespondensie aan die Direkteur van Kerkadministrasie vir aandag van:
Prof. IA Brink
e-pos: direkteur@apk.co.za.
20 Maart 2013
SKK VERKLARING: Geloftevolk Koördineringskomitee
Na navrae deur AP kerke oor die Geloftevolk Koördineringskomitee wil die SKK dit duidelik stel dat hierdie nie ʼn aksie van die AP Kerk is nie.
Die AP kerke volstaan by sy besluite rakende die viering van kerklike feesdae en die viering van die nagmaal as ʼn fees vir lidmate onder toesig van die ouderlingeraad. Die beoefening van ons godsdiens vind in die erediens plaas en vanhier word die lewe inbeweeg waar ons getuies is van die verlossing in Jesus Christus.
Prof. IA Brink
DIREKTEUR VAN KERKADMINISTRASIE
AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK
Sentrale Kerkkantoor Posbus 11488, Hatfield 0028 Tel: (012) 362-1390/1/2/3/4 Brooksstraat 109, Brooklyn Faks: (012) 362-2023